Inkas

Tawantinsuyu
Inka-ryk
1438-1533

Coat of arms of Inka
Coat of arms

Ligging of Inka
Ligging of Inka
Die Inka-ryk in sy grootste uitbreiding in 1533
Hoofstad Cusco
13°31′S 71°58′W / 13.517°S 71.967°W / -13.517; -71.967
Taal/Tale Quechua (amptelik), Aymara
Godsdiens Inka-mitologie
Regering Monargie
Sapa Inka
 - 1438–1471 Pachacuti
 - 1471–1493 Túpac Inca Yupanqui
 - 1493–1525 Huayna Capac
 - 1525–1532 Huáscar
 - 1532–1533 Atahualpa
Historiese tydperk Middeleeue
 - Pachacuti stig die Inka-ryk 1438
 - Burgeroorlog tussen Huáscar en Atahualpa 1529-1532
 - Spaanse verowering van die Inka-ryk 1533
 - Einde van die laaste weerstand deur Inkas 1572
Oppervlakte
 - 1438[1] 800 000 km2
308 882 sq mi
 - 1527 2 000 000 km2
772 204 sq mi
Bevolking
 - 1438[1] skatting 12 000 000 
     Digtheid 15 /km² 
38,8 /sq mi
 - 1527 skatting 20 000 000 
     Digtheid 10 /km² 
25,9 /sq mi

Die Inkas (Quechua: Tawantinsuyu) was 'n Suid-Amerikaanse volk uit die Andes in 'n deel van wat vandag as Peru bekend staan.

Die Inkabeskawing het 'n glorietyd beleef wat geduur het van 1438 tot 1532. Die Inka-ryk is vernietig deur die Spaanse conquistadores onder leiding van Francisco Pizarro. Die Inka-ryk het op sy hoogtepunt rofweg die huidige lande Peru, Bolivië, Ecuador, die suide van Colombia en die noorde van Argentinië en Chili beslaan. Baie van die geboue in die Peruaanse stad Cusco is gebou op die oorblyfsels van Inka geboue, aangesien dat Cusco eens die hoofstad van die ryk was. Een van die bekendste ruïnestede van die Inkas is Machu Picchu in Peru.

Dit was egter eers in 1531 dat kapt. Francisco Pizarro, pas aanverteenwoordiger van koning Karel V van Spanje, met 180 manskappe en 27 perde in drie skepe vertrek het om die bergagtige en goed verdedigde land Peru, die land van die Inkas, binne te dring. Die term Inka word vandag gebruik om die Indiaanse stamme en kultuur te beskryf wat die Spanjaarde in Peru, Ecuador, Bolivia en Noord-Chili aangetref het.

Die ekspedisie het op 13 Mei 1532 naby Tumbes geland. Die Inkas in daardie stadium pas klaar met 'n uitputtende burger-oorlog Atahualpa, wat die oorlog gewen het, was nou die Inka, of aangewese keiser, maar hy het nie die mag van die vreemde aanvallers besef nie. Die Spanjaarde het min weerstand ondervind totdat hulle die stad Kajamarka bereik het.

Hier is hulle deur 50 000 Inka-krygs-manne omsingel. 'n Ontmoeting is tussen Pizarro en Atahualpa gereël. Maar die Spanjaarde, gewapen met gewere, het die Inkas onverwags aangeval, 2 000 inboorlingwagte - wat ongewapen opgedaag het om nie aanstoot te gee nie - doodgeskiet en Atahu-alpa gevange geneem. In daaropvolgende vyf jaar het die Spanjaarde die hele antieke ryk van die Inkas beset. Skatte ter waarde van miljoene rande het in die hande van die Spaanse oorwinnaars (bekend as die Conquista-dores), die Spaanse kerk en die Spaanse koning geval.

Die verowering van so 'n groot gebied deur 'n handjievol fortuinsoekers is een van die merkwaardigste gebeurtenisse in die geskiedenis, en ʼn  onuitwisbare klad op die naam van Spanje, want die inboorlinge is keer op keer verraai en uitgemoor. Dat dit so lank geduur het om die Inkas te oorwin, moet toegeskryf word aan die feit dat die ryk georganiseer was, en dat die Inka al die mag gehad het. Toe hy dus deur 'n Spaanse goewerneur en administrasie vervang is, het alles baie lank nog volgens die ou stelsel voortgegaan.

  1. (en) Namnama, Katrina; DeGuzman, Kathleen, "The Inca Empire", K12, USA, http://www.k12.hi.us/~jowalton/inca.ppt .

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search